Geingob: Namibië is nie hoër-middel-inkomsteklas-land

Namibiese President Hage Geingob het gesê dat 100 jaar van kolonisasie en die huidige klassifikasie van Namibië as ‘n hoër-middel-inkomsteklas-land nie die realiteit op die grond weerspieël wanneer dit kom by die inkomste-verskille tussen die ryk wit- en arm swartmense nie. Geingob het tydens die 77ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York gesê die formule om die land se klein bevolking te verdeel met die Bruto Binnelandse Produk wat ‘n hoë inkomste per capita verkry, is gebrekkig en vereis dringende oorweging. Politieke kommentator, Charles Mubita sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy stem saam met die President.

Mubita het voortgegaan om voorbeelde te maak van hoeveel wit Namibiese studente in plaaslike universiteite is.