Mbeki betreur swak leierskap

Die Suid-Afrikaanse oudpresident Thabo Mbeki het die land se gebrek aan gehalte-leierskap betreur. Die voormalige Suid-Afrikaanse president het op ‘n dialoog, wat aangebied is deur die Universiteit van Suid-Afrika, gesê die land staar ernstige uitdagings in die gesig ten opsigte van leierskap, veiligheid en sekerheid, en die ekonomie. Mbeki het aan die diplomate en studente van verskillende lande gesê die kritieke bestanddeel wat nodig is om hierdie probleme op te los, is goeie leierskap in beide die regering en die samelewing.