Amper 80% is brandarm in Kavango-Wes

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dat 79,6 persent van die inwoners in die Kavango Wes-streek in armoede leef. Volgens die agentskap kom die armoede voor ten spyte daarvan dat talle inwoners toelae ontvang. Interessant genoeg het die agentskap bevind dat die grootste dryfveer vir armoede in die streek is voedsel onsekerheid wat 22 persent tot armoede bydra. Die ander faktore sluit kindervoeding, sanitasie, toegang tot krag en energie, vervoer en behuising in. Agt uit elke tien landelike inwoners van die streek is uiters arm met vyf uit elke tien in dorpe wat armoede ervaar. Kenners meen die streek lê teen die Okavango-rivier en dus, behoort daar geen tekorte aan voldoende voedselbronne te wees nie.