Mayweather gaan terug kruit toe

Die gewese wêreldkampioen, Floyd Mayweather, en die YouTube-ster Logan Paul het ingestem tot ‘n geveg in die Hard Rock-stadion in Miami op 6 Junie. Mayweather se laaste beroepsgeveg was sy oorwinning oor die gemengde gevegskuns-kampioen Conor McGregor in Augustus 2017. Paul, wat byna 22 miljoen volgelinge het, het ‘n rekord van nul-een nadat hy teen nog ‘n YouTube-persoonlikheid, KSI, verloor het. Die twee gaan miljoene uit die vertoongeveg verdien. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *