Ouma vas vir kleintjie se aanranding

Die Woordvoerder van die Ohangwena polisie Kaume Itumba het bevestig dat ‘n vrou van 70 in hegtenis geneem is omdat sy na bewering haar 7-jarige kleinkind aangerand het. Die polisie sê dit wil voorkom asof die kind veroorsaak het dat bees in haar mahungu-lande ingekom het. Die kind is weggesteek maar sy beserings is by die skool opgemerk. Itumba sê die seuntjie is met ‘n voorwerp geslaan maar dit is nog nie bekend met wat nie.