Max Verstappen spring eerste weg op tuisbodem

Motorsport: Max Verstappen was vol lof vir sy Red Bull-span nadat hy tydens ʼn dramatiese laaste ronde die eerste wegspringplek op tuisbodem vir vandag se Nederlandse Grand Prix behaal het. Hy was slegs 200-stes van ‘n sekonde vinniger as die Ferrari van Charles Leclerc. Leclerc se spanmaat Carlos Sainz is in die derde wegspringplek, met die sewemalige kampioen, Lewis Hamilton van Mercedes, vierde. Sergio Perez, wat tydens sy laaste rondte in die tweede Red Bull in ʼn ongeluk was, spring in die vyfde plek weg.