Matriek-uitslae vandag

Die onderwys ministerie sal vandag die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak en Gevorderde Vlak eksamenuitslae bekendmaak. Die minister Anna Nghipondoka sal om tien-uur vanoggend die media in die hoofstad toespreek en oudergewoonte die top-presteerders bekendmaak. Daar word gehoop die uitslae vertoon beter as die 2022 akademiese jaar toe ‘n reuse 80 persent matrieks nie vir tersiêre opleiding gekwalifiseer het nie. Net meer as 38 000 leerders het geskryf. Die 2023-uitslae sal net na 12-uur aanlyn beskikbaar wees.