Taai dag vier vir Geniel in die Dakar

Dag vier was uitdagend en moeilik vir al die jaers. Die 631 kilometer het bestaan uit ‘n 299 kilometer sneltrajek en Toyota Gazoo se Geniel de Villiers en sy navigator Dennis Murphy sê dit was uiters frustrerend. Hulle het 19de gekom vir die dag en is tans in die 11de posisie. De Villiers het met Wiele2Wiele gepraat en sê hulle stoei voort.