Visseryreservaat in Zambezi/Chobe teruggetrek

Die visserye-ministerie het die terugtrekking aangekondig van die verklaring van ‘n binnelandse water visseryreservaat van die Zambezi/Chobe-rivierstelsels wat met Zambië en Botswana gedeel word. Die binnelandse visbronne van die Zambezi-, Chobe-, Kwando- en Okavango-riviere in Namibië ondersteun menslike riviergemeenskappe al vir eeue. Die binnelandse visseryhulpbronne is egter onder erge druk weens individue wat die hulpbron tot finansiële voordeel ontgin tot nadeel van plaaslike gemeenskappe. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van die Shamvura-kamp op die Okavangorivier gepraat. Paxton sê dat die onttrekking hulle een tree vorentoe en twee tree terug sal neem.