GRN: handgeskrewe bestellings nie geldig nie

Die Namibiese ministerie van finansies het bekend gemaak dat geen bestellings vir die regering wat met die hand uitgereik is aanvaar word nie. Volgens ‘n verklaring het die regering die praktyk gestaak vanaf die begin van Julie. Handgeskrewe bestellings sal ingevolge die persverklaring nie betaal word nie en verskaffers word daaraan herinner dat alle amptelike bestellings van enige regeringsagentskap, kantoor of ministerie digitaal uitgereik sal word.