Mathews Phosa gaan Carl Niehaus verdedig

Die ANC-staatmaker Mathews Phosa gaan Carl Niehaus verteenwoordig in sy poging om weer in sy pos in die kantoor van die sekretaris-generaal aangestel te word. Die ANC se hoofbestuurder, Febe Potgieter, het Niehaus vroeër in kennis gestel dat sy appèl volgende maand aangehoor word en hy moet verteenwoordig word deur ‘n partylid. Niehaus is verlede maand afgedank nadat hy aanklagte van diefstal, bedrog en korrupsie teen die ANC-leierskap aanhangig gemaak het omdat salarisse en voordele nie betaal word nie. Die appèl sal deur advokaat Greg Fouré aangehoor word.