87 verdagtes hof toe na dodelike skietgeveg in Noordwes

Altesaam 87 verdagtes gaan Maandag in Orkney, Noordwes, in die hof verskyn op aanklag van moord en die onwettige besit van goud en vuurwapens. Hulle is in hegtenis geneem na ‘n skietgeveg waarin ses mense dood en agt gewond is. Die Valke in die provinsie het inligting ontvang oor onwettige mybedrywighede en is met geweervuur begroet toe hulle by die skag opgedaag het. Een van die Valke is gewond. Die span het beslag gelê op twee minibusse, onwettige myntoerusting en gouddraende materiaal.