Een Covid-sterfte van kind aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte van ‘n kind by Outapi aangemeld, asook 30 nuwe gevalle uit 1 157 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 2,6 persent verteenwoordig. In die groep is tien leerders van verskillende skole, twee studente en een onderwyser. Daar is nou 868 aktiewe gevalle, waarvan 49 in hospitale is, en vier in intensiewesorgeenehede. Altesaam 241 224 mense is nou ten volle ingeënt.