HAN sê vyfpunt-strategieplan is deel van Toerisme-herstelplan

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het gereageer op die toerismeministerie wat toerisme-ondernemings in die Khomas-streek uitnooi na ‘n vergadering môre oor die Toerisme-herstelplan van 2022 tot 2024. Die geleentheid vind môreoggend vanaf nege-uur tot die middag een-uur by die Khomas-streeksraad in die hoofstad plaas. Die ministerie bied vanaf November tot 15 Februarie konsultasievergaderings met belanghebbendes in die verskeie streke aan om die toerismebedryf weer op die been te kry. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is ‘n vyfpunt-strategieplan.