Masels ens., kom weer voor

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Afrika sê daar is ‘n daadwerklike risiko vir ‘n uitbraak van masels omdat inenting vertraag is as gevolg van Covid. Vanaf Januarie tot op hede het 8 lande reeds uitbreking aangemeld wat duisende geraak het. Die WGO voeg by dat geelkoors, kolera en breinvliesontsteking ook voorkom wat beteken daar is gapings in inentings regoor die vasteland.