Khorixas polisie doen nog ondersoek

Die Openbare Aanklaer in Khorixas Johannes Inongelwa sê die saak waar drie persone aangekla is vir die aanranding van ‘n polisie beampte sal nog nie in die hof hanteer word nie omdat verdere ondersoek nodig is. Dit volg na ‘n video verskyn het waar een van die beskuldigdes, ‘n vrou, geklap word deur ‘n beampte terwyl ‘n ander haar op die vloer rondsleep. Die video is in die polisie stasie op die dorp gemaak. Inongelwa sê die verklarings van die betrokke partye weerspreek mekaar. ‘n Span van Nampol is ook na Khorixas ontplooi om ‘n interne ondersoek na die voorval te doen.