Wes-Kaap het beste munisipaliteite

‘n Nuwe onafhanklike verslag wat deur Ratings Afrika uitgereik is, het bevind die munisipaliteite wat die beste in Suid-Afrika presteer, is in die Wes-Kaap. Volgens die jongste verslag van die munisipale finansiële stabiliteitsindeks, is die betrokke munisipaliteite Mosselbaai, Saldanhabaai, Kaapstad, Swartland en Overstrand. ‘n Woordvoerder van die Departement van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, sê Beaufort-Wes is die munisipaliteit wat tans die swakste presteer in die provinsie: