Maselgevalle styg in vier SA provinsies

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland sê die voorkoms van nuut bevestigde gevalle van masels onder kinders in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes het gestyg. ʼn Woordvoerder van die instituut, Kerrigan McCarthy, sê 169 laboratorium-bevestigde gevalle is in die vier provinsies aangeteken onder kinders wat nie ingeënt is nie. Die gevalle in die vier provinsies is hoofsaaklik onder kinders tussen vyf en nege jaar oud. Die woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Foster Mohale, moedig ouers aan om hul kinders te laat inent.