UP en Internasionale Wetenskapsraad onderteken ooreenkoms oor Afrika-agendas

Die Universiteit van Pretoria en die Internasionale Wetenskapsraad het ‘n ooreenkoms onderteken wat Afrika-agendas en -vermoë sal steun en Afrika-wetenskap se teenwoordigheid in die wêreld sal versterk. Die ooreenkoms mik daar daarna om Afrika se wetenskap-stem te versterk in internasionale wetenskap, beleid en befondsingsdebatte en -optrede. Dr. Heide Hackmann van die universiteit sê hulle sal werk vir ’n kragtige raadplegingsproses wat duidelikheid bied oor die raad se steun vir Afrika-wetenskap en sy betrokkenheid daarby.