Martin Freyer wen The Munga-bergfietswedren

Namibië se bergfietsryer Martin Freyer het die Munga-bergfietswedren in Suid-Afrika gewen. Hy het die taai uidagingsrit van meer as 1 100 kilometer, in twee dae, agt ure en 36 minute voltooi. Suid-Afrikaner Franso Steyn was kort op sy hakke en het die tweede plek ingeneem slegs enkele sekondes na Freyer. Ander Namibiese bergfietsryers Henning van Wyk is naby die eindpunt en Leonard Martin het al sowat 780 kilometer gery om die uithourit in 120 uur of vyf dae moet voltooi om die afsnypunt te haal. Altesaam 150 fietsryers het Woensdag in Bloemfontein weggespring. Die roete met uitermatige warm somertemperature strek deur die Karoo en die eindpunt is in Wellington.