Sekere Swapo-lede eis kongres-stemme word nie hertel

Verskeie Swapo-lede het vandag by monde van hul prokureur Kadhila Amoomo geëis dat Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, en die top-vier leiers van die party hul “onwettige” opdrag om sentrale komitee-stemme van die Swapo-kongres te hertel en te verifieer, staak. Die Swapo-lede, wat uit die Omusati-goewerneur Erginus Endjala en voormalige adjunkministers Tommy Nambahu en Paulus Kapia insluit, voer aan dat Shaningwa en die top-vier, wat nie ‘n grondwetlike struktuur van die party is nie, geen reg het om sulke voorskrifte uit te reik nie. Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle Amoomo genader het in dié verband.