Senior ANC-leiers gooi hul gewig agter Ramaphosa

Die spesiale vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee wat vir Vrydag belê was, was ‘n mors van tyd, meen Bbeki Mtolo, provinsiale sekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal. ANC-NUK-lede het Vrydag fisies ‘n vergadering by Nasrec in Johannesburg bygewoon om die nadraai van die Phala Phala-verslag te bespreek. Volgens Mtolo is die regte prosedure nie gevolg nie. Intussen het senior leiers in die ANC hul gewig agter Ramaphosa gegooi en hom oorreed om nie te bedank nie. Dit sluit in Gwede Mantashe, Gwen Ramokgopa, Ronald Lamola, Enoch Godongwana, Oscar Mabuyane, Zamani Saul en Derek Hanekom.