Betty is herenig met haar geliefde man wat reeds in 1989 gesterf het – familievriend

Die ikoniese en geliefde Amerikaanse aktrise en komediant Betty White het gesterf op die ouderdom van 99 jaar. Sy sou haar 100ste verjaarsdag op 17 Januarie gevier het. Amerikaanse media berig dat sy by haar huis oorlede is en geen oorsaak van haar dood is bekend gemaak nie. Sy sal onthou word vir haar rol in The Golden Girls waar sy Rose, wat altyd onskuldig en naïef was, vertolk het. Sy het op die ouderdom van 92 ‘n rol in die reeks Hot in Cleveland vertolk. White was baie lief vir diere en het in die afgelope dekade baie tyd aan hulle welsyn toegewy. ‘n Familie-vriend het aan die media gesê sy wou altyd weer by haar geliefde man Allen Ludden, wat reeds in Junie 1989 oorlede is, aansluit.