Oryx Properties neem Dunes Mall in Walvisbaai oor

Oryx Properties se uitvoerende hoof, Ben Jooste, het die verkryging van die Dunes Mall in Walvisbaai bevestig. Hy sê die maatskappy is uiters verheug oor hierdie transaksie aangesien Dunes Mall ‘n vooraanstaande kleinhandelbate in Walvisbaai is. Die totale bruto verhuurbare oppervlakte beloop 32 438 vierkante meter met ankerhuurders wat Checkers, Pick ’n Pay, Game en Woolworths insluit. Jooste sê die verkryging pas goed binne Oryx Properties se strategie, met die fokus op geografiese diversifisering van die portefeulje en die risiko van die groep se oorafhanklikheid van Maerua Mall in Windhoek te verminder.