Mariental kry MVA-noodreaksiespan

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het ‘n noodreaksiespan op Mariental daargestel. In ‘n verklaring sê die fonds dat hy in samewerking met die gesondheidsministerie en die Mariental-munisipaliteit die span op die been gebring het. Die span is by die brandweer gesetel en maak dit moontlik om binne die sogenaamde goue-uur, mediese hulp aan motorongeluk-slagoffers te bied. Hilaria Graig, woordvoerder by die fonds, het inwoners van die dorp herinner dat die span ook mediese bystand aan hulle sal bied. Die stigting van die noodreaksiespan word verwelkom. Daar is ‘n tekort aan nooddienste in die Suide wat pasiënte in gevaar stel, veral op afgeleë roetes.