Kerke en belasting: Aanspreekliheid is die belangrikste aspek

Die kwessie van kerke en belasting is terug in die nuus. Plaaslike berigte lui dat ‘n raadslid van die Independent Patriots for Change, Ndeshihafela Larandja, teen kerke uitgevaar het omdat hulle aansoek gedoen het om vrystelling van die betaling van eiendomsbelasting en belasting. Die IPC-raadslid wil hê die Stad Windhoek moet besonderhede verskaf hoeveel die stad verloor deur vrystellings aan kerke en ander geloofsgebaseerde organisasies te gee. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanya gesels oor kerke se aanspreeklikheid in die verband.