Alles is oorweeg in opheffing van krag-noodtoestand

Die buurland se adjunkminister van samewerkende regering, Parks Tau, sê verskeie faktore is in ag geneem toe die ANC-regering besluit het om die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit te herroep. Dit sluit in verskeie versagtingsmaatreëls wat reeds ingestel is om aandag te gee aan beurtkrag asook die aanstelling van ‘n minister vir elektrisiteit. Tau het ook die versekering gegee maatreëls is ingestel om in te gryp met kwessies rondom die kragkrisis terwyl die verkryging van noodkrag aansienlik verbeter het: