SA polisie kry nuwe Airbus-helikopter

Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, het amptelik ‘n splinternuwe H125 Airbus-helikopter aan die Sigbare Wetstoepassing- en -Operasies-afdeling oorhandig. Dit is om misdaadbekampingspogings te versterk en die polisie te help met soek- en reddingsoperasies. Die woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die helikopter sal voorlopig in Gauteng gebaseer wees.