Mariene-fosfaat: uitspraak uitgestel

Uitspraak in die mariene-fosfaat saak sal op 30 Junie in die hoërhof gelewer word. Regter Shafimana Ueitele sal dit na verwagting dan lewer nadat dit uitgestel is. Die saak is deur die konfederasie van Namibiese visvang-verenigings en drie ander partye gebring om die lisensie van Sandpiper Mining om fosfaat te ontgin op te skort. Volgens die aansoekers is die lisensie nie wettig nie. Die projek staan sedert 2012 stil na ‘n suksesvolle aansoek om sy klaringsertifikaat van omgewingsake ter syde te stel. Die projek was van die begin af kontroversieel met kommer oor die volhoubaarheid van die visvangbedryf en ander omgewingskwessies.