Dwelms in die boot – saak uitgestel

Die Pretoriase Landdroshof het die saak teen drie van die vyf beskuldigdes in ‘n dwelmvonds van 400 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot Donderdag uitgestel. Die polisie het vroeër die maand op die N1 in Tshwane op die dwelms beslag gelê. Die vyf word verbind met die ontdekking van 800 kilogram saamgeperste suiwer kokaïen in ‘n boot. Die polisie sê die vyfde beskuldigde, Tenikaitis Valdas, is op 6 Junie op die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem toe hy ‘n vlug na Parys wou haal. Die beskuldigdes sal Donderdag almal saam in die hof verskyn.