Landou se bydrae aan ekonomie enorm

Die Suid-Afrikaanse syfers vir die BBP vir die eerste kwartaal is onlangs bekend gemaak en die buurland se ekonomie het groei van 4,6 persent teenoor die vierde kwartaal van laas jaar getoon. Die bekende landbou ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat Dr Frikkie Maré sê die bydrae van landbou kan nie onderbeklemtoon word nie.