Maree weer 8 April voor die hof, die laerhof

Die vermeende pedofiel en voormalige polisieman Johann Maree sal weer op 8 April in die laerhof in die hoofstad verskyn. Sy saak is vroeër oorgeplaas na die hoërhof maar, het nie voldoen aan die vereiste dat die aanklaer-generaal die skuif moet goedkeur nie. Die 50-jarige Maree is in 2020 in hegtenis geneem op 64 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op die donkerweb geplaas en verkoop.