Twee weesrenosters word ma en pa, wêreld eerste

Die geboorte van ‘n witrenosterkalfie by die Care for Wild Rhino-reservaat in Mpumalanga het geskiedenis gemaak in renosterbewaring. Die kalfie is gebore van die wees-renosters Wyntir en Storm. Die stigter, Petronel Niewoudt, sê Wyntir, wie se horing verwyder is, het geboorte geskenk aan ‘n gesonde kalf, die wêreld se eerste renosterkalf wie se ouers wees gelaat is weens stroping, en wat natuurlik verwek en gebore is. Wyntir was net twee maande oud toe sy in die Nasionale Krugerwildtuin gered is. Storm is ná ‘n wrede stropingsaanval in Limpopo wees gelaat.