Macron gesels met Putin, vra skietstilstand

Die Franse President Emmanuel Macron het in ‘n telefoongesprek met die Russiese president, Vladimir Putin, die groot erns van die gevolge van Moskou se oorlog teen Oekraïne, herbeklemtoon. Hy het ook sy eis om ‘n skietstilstand herhaal. Macron se kantoor sê gedurende die gesprek het hy ‘n beroep op Rusland gedoen om sy verantwoordelikheid as permanente lid van die veiligheidsraad te eerbiedig en die oorlog te beëindig. Putin het reageer deur aan Macron te sê die Weste ignoreer Oekraïne se oorlogmisdade.