NTN wil jou kunswerk vir uitstalling hê

Die Nasionale Teater van Namibië en Goethe-Instituut van Namibië doen ‘n beroep op kunstenaars om hul kunswerke vir die jaarlike Otjomuise Lewende Kunstefees in Windhoek gereed te kry. Die fees vind vanaf 14 tot 22 Oktober in die hoofstad plaas. Aansoeke is aanlyn beskikbaar en sluit op 30 Mei 2022. Die skakelbeampte van die teater, Desiree Mentor, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.