Agt Covid-sterfgevalle in ses distrikte bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het agt Covid-sterftes in ses distrikte aangekondig, asook 70 nuwe gevalle uit 1 176 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van ses persent verteenwoordig. In die groep is 21 leerders van verskillende skole, twee onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 2 091 aktiewe gevalle, waarvan 165 in hospitale is en 24 in intensiewesorgeenhede. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste Covid-syfers.