Landbou is laaste opsie vir jeug

Daar word plaaslik groot klem gelê op landbou en voedselproduksie in ‘n poging om voedselsekerheid in die land te verbeter. Maar, volgens die adjunkminister van hoër onderwys Venomuinjo Kauaria is die sektor glad nie vir die jeug aantreklik nie. In haar mening is daar teveel onsekerheid in die bedryf en dus word landbou eerder as a tweede keuse gebruik, of iets om op terug te val sou ‘n loopbaan keuse nie vrugte af werp nie. Sy sê dit is van kritiese belang dat die beeld van landbou verander moet word en dat die jeug verstaan dat tegnologie en konsepte soos presisie-boerdery baie belangrik is om die bedryf vorentoe te vat en daarvoor is die jeug nodig.