Mantashe uitgejou by Cosatu-byeenkoms

Die ANC se nasionale voorsitter en energieminister, Gwede Mantashe, sê dis duidelik dat werkers moeg is vir leë beloftes. Afgevaardigdes wat Cosatu se nasionale kongres in Midrand, Gauteng, bygewoon het, het hom uitgejou en hy moes die verhoog verlaat. Cosatu-lede beskuldig die ANC dat hy leë beloftes maak en sy woord verbreek oor loonooreenkomste in die staatsdiens. Mantashe sê die afgevaardigdes wou slegs ‘n standpunt stel en verwerp nie die ANC nie: