Kuba stem oorweldigend vir LGBTQ-regte

Kubane het gay-huwelike en -aanneming oorweldigend goedgekeur in ‘n referendum wat deur die regering gesteun word, wat ook vroueregte wil bevorder, het die nasionale verkiesingskommissie bevestig. Meer as 3,9 miljoen kiesers of 66,9 persent het gestem om dit te bekragtig, terwyl 1,95 miljoen mense of 33 persent teen die bekragtiging gekant was, sê Alina Balseiro Gutierrez, president van die kommissie. Altesaam 74 persent of 8,4 miljoen stemgeregtigde Kubane het in die referendum gestem. Die Kubaanse President Miguel Diaz-Canel het op Twitter geskryf geregtigheid het geseëvier.