UDF-leierskap word daarvan beskuldig dat hulle tot 2027 in mag wil wees

Die president van die United Democratic Front, Apius Auchab, sê hy is gereed om die leisels te oorhandig aan jonger lede van die party. Volgens berigte sê Auchab hy het jong leiers wat na aan die party se leierskapslede is, reeds begin voorberei. Sy aankondiging kom te midde van aantygings dat die party se leierskap nie ‘n verkiesingskongres wil hou nie en dat hulle tot 2027 in beheer wil wees. Die laaste verskiesingskongres is in 2013 gehou. Die party het in 2019 ‘n nuwe grondwet ingestel wat die huidige leierskap in mag sal hou tot 2024. Auchab het aan plaaslike media bevestig dat daar wel vanjaar ‘n kongres sal wees maar dat die party se sentrale komitee eers volgende maand moet vergader omdat die party se strukture nie op standaard is nie.