Mantashe skik na skorsing van aktivis uit raad

Die Suid-Afrikaanse minister van energie, Gwede Mantashe, het buite die hof geskik nadat hy gedagvaar is om sy skorsing van ‘n anti-kernaktivis, Peter Becker, uit die Raad van die Nasionale Kernreguleerder, te verdedig. Die minister moet nou besluit of hy Becker ook vir goed wil laat gaan. ‘n Woordvoerder vir die gemeenskapsorganisasie, Save Bantamsklip, Rodney Anderson, sê die gemeenskap se grootste bekommernis is dat sy belange nie meer in die reguleringsraad geken sal word nie: