Zambezi-owerhede gereed vir vloede

Die meeste Namibiese nedersettings langs riviere, veral in die Zambezi-streek, ly dikwels onder vloede tydens reënseisoene. By tye styg die riviervlakke so hoog dat huise oorstroom word. Nedersettings word van dienste afgesny en leerders sukkel om by hul skole uit te kom. Vanjaar is die situasie steeds onder beheer, alhoewel riviervlakke bly styg. Volgens die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, is hulle voorbereid op vloede.