Mantashe ondersteun regverdige oorgang van steenkool na hernubare energie

Die Suid-Afrikaanse minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, sê hy ondersteun ‘n regverdige oorgang van steenkool na hernubare energie. Hy het gepraat op dag twee van die debat oor President Cyril Ramaphosa se staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. Mantashe het Ramaphosa se planne uiteengesit om bykomende kragopwekkings-vermoë te verseker en aandag te gee aan die tekort van vier-duisend megawatt. Mantashe het dit aan die DA gestel die opwekking van krag kan nie ‘n oorhaastige proses wees soos baie mense dink nie.