IPPR stel projek Integriteit Namibië bekend

Die uitvoerende hoof van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood het vanoggend die Nasionale Teenkorrupsie-netwerk, genaamd Integriteit Namibië, in die hoofstad bekend gestel. Die projek sal ook ‘n aanlyn-fluitjieblaser-portaal in Mei vestig. Die program sal oor drie jaar deur die Amerikaanse ambassade in Namibië finansieel ondersteun word. Hopwood is aan die woord tydens die bekendstelling.