Mantashe moet wetgewing vir kragvoorsiening prioritiseer

Die Suid-Afrikaanse minister van energie, Gwede Mantashe, moet onmiddellik met die nasionale regering in gesprek tree oor sy versuim om wetgewing te skep oor nuwe kragvoorsiening. Dié oproep kom van die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, wat versoek dat stadsowerhede onmiddellik duidelikheid kry oor die inwerkingstelling van gewysigde regulasies. ‘n Woordvoerder, Greg Wagner, sê Kaapstad is die mees energie-doeltreffende stad in Suid-Afrika, danksy planne soos ‘n uitgebreide sonkrag-aangedrewe fotovoltaïese opwekkingsprogram en kleinskaalse ingeboude opwekkingsprogramme. Meer moet egter nog gedoen word: