Ndeitunga wil hê Angolese polisie moet vervolg word

Die hoof van die polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga sê hy sal met sy eweknie in Angola in verbinding tree om te verseker dat die twee Angolese polisielede wat ‘n Namibiese leerder in die buurland doodgeskiet het, vervolg word. Die twee, ‘n 55-jarige inspekteur en 29-jarige sersant is verlede maand gearresteer vir die dood van Johannes Nangolo by ‘n kroeg in Otilindi by die grens met Namibië. Na wat beweer word, is Nangolo sonder enige rede in die kop geskiet.