Kane se besering ‘n groot verlies – Latham

Nieu-Seeland se openingskolwer, Tom Latham, sê die verlies van sy span se kaptein Kane Williamson, voor die begin van die tweede toets teen Engeland, is ‘n groot slag. Williamson sal die tweede en finale toets op Edgbaston, wat vandag begin, misloop weens ‘n besering aan sy linker-elmboog. Will Young kom in die span as die nommer-drie-kolwer, met die bouler Trent Boult wat na verwagting ook in die span ingesluit sal word. Latham, wat die Nieu-Seelandse span in die afwesigheid van Williamson lei, sê dit is vir hom ‘n groot eer: