Mans-ongeluk: Verdagte verskyn vandag
Die verdagte wat tydens die gru-ongeluk Woensdagoggend die dood van die rugby-legende en bekende fietsryer, Gerhard Mans Senior, veroorsaak het, verskyn vandag in die Windhoekse landdroshof in Katutura. Mans is deur ‘n wit BMW sonder nommerplate naby die Elisenheim-brug op die Westelike Verbypad getref toe die bestuurder wat van Botswana afkomstig is, glo van die polisie weggejaag het. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.