Mannetjie muskiete kon (destyds) ook bloed suig

Honderde duisende mense wêreldwyd sterf jaarliks as gevolg van malaria en ander siektes wat versprei word deur muskiete, insekte wat uit die tyd van dinosourusse dateer. Deesdae is dit net wyfies, wat gespesialiseerde mond-anatomie het wat bloed kan suig en mense kan byt. Maar dit was nie altyd so nie. Navorsers het gesê hulle het die oudste bekende fossiele van muskiete ontdek – twee mannetjies wat in stukke amber begrawe is wat dateer tot 130 miljoen jaar gelede gedurende die Kryttydperk en naby die dorp Hammana in Libanon gevind is. Tot hul verbasing het die manlike muskiete langwerpige, suigende monddele gehad wat nou net by wyfies gesien word. Wetenskaplikes ag dit as beduidend van die insek se evolusie. Onthou jy nog Jurrasic Park?