Kritiek teenoor monetêre beleid

Volgens Oxford Economics Africa se evaluering van Afrika se reaksie op hoër inflasie, het aggressiewe monetêre beleidsverstramming min gedoen om inflasie te beperk, terwyl dit ekonomiese aktiwiteit geknel het. ‘n Meer doeltreffende reaksie sou wees om leiding te gee oor inflasieverwagtinge, en om duidelik te maak watter stappe gedoen sal word indien daardie aannames ongeldig sou word. Daarbenewens sal fiskale beleid ‘n groter rol moet speel om inflasiedruk te verlig indien ‘n soortgelyke skok weer plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, wat verduidelik wat dit beteken en wat die geval in Namibië is. 

Oor die pad vorentoe vir Namibië en Suid-Afrika, sê Klein: